Joey’s Vleisprodukte het klein begin in Brackenfell tot waar ons vandag ons eie fabriek het met 5 winkels wat net ingestel is op kwaliteit. Dit was opgebou deur die Liebenberg gesin en word vandag bestuur deur die twee Liebenberg seuns.

Wat is Joey’s Boerewors?

Ons gebruik slegs een bees snit, genaamd bees brisket, om Boerewors mee te maak. Dit is afkomstig van vry lopende bees wat wy op die grasvelde van Botswana en Namibië. Dit word verwerk en gemaal met speserye en ʼn sous. Ter einde dan gevul in ʼn delikate skaap derm.

Die normale slaghuis tendens is om alle snitte van ʼn bees klaar te verwerk en die afsnysels te maal en wors te maak. Dis teen ons beginsel. Dis hoekom daar geen “trimmings” of ander snitte in ons Boerewors is nie. Ons Boerewors bevat slegs Omega 3 ryke bees vet en vark rug spek.

Vry van antibiotika

Vry van hormone

Geen aanvullers

Geen “trimmings”

Geen
MDM

Geen bees harte

Ons metode en resep is al 24 jaar onveranderd. Ons produseer tans tot 3000 kg per dag in ʼn temperatuur gekontroleerde fabriek om die aanvraag te diens. Ons weet ons gehalte is ongeëwenaard.

Probeer gerus en verstaan dan hoekom ons Boerewors met sy sagte tekstuur en konsekwente smaak, voorkeur geniet op enige braai rooster.

Verder doen ons ook baie ander produkte soos bv. droëwors en biltong.

Kontak gerus enige van ons winkels of besoek die naaste een.

Joey's Vleisprodukte © 2022. Alle regte voorbehou. | Ontwerp deur Organised Pixels.