gallery/joeys

Wat is Joey’s Boerewors?

Ons storie...
Joey’s Vleisprodukte het klein begin in Brackenfell tot waar ons vandag ons eie fabriek het met 5 winkels wat net ingestel is op kwaliteit. Dit was opgebou deur die Liebenberg gesin en word vandag bestuur deur die twee Liebenberg seuns.

Wat is Joey’s Boerewors?
Ons gebruik slegs een bees snit, genaamd bees brisket, om Boerewors mee te maak. Dit is afkomstig van vry lopende bees wat wy op die grasvelde van Botswana en Namibië. Dit word verwerk en gemaal met speserye en ʼn sous. Ter einde dan gevul in ʼn delikate skaap derm.
Die normale slaghuis tendens is om alle snitte van ʼn bees klaar te verwerk en die afsnysels te maal en wors te maak. Dis teen ons beginsel. Dis hoekom daar geen “trimmings” of ander snitte in ons Boerewors is nie. Ons Boerewors bevat slegs Omega 3 ryke bees vet en vark rug spek.

Vry van antibiotika
Vry van hormone
Geen aanvullers
Geen “trimmings”
Geen MDM
Geen bees harte
Geen ander spesies

Ons metode en resep is al 24 jaar onveranderd. Ons produseer tans tot 3000 kg per dag in ʼn temperatuur gekontroleerde fabriek om die aanvraag te diens. Ons weet ons gehalte is ongeëwenaard.

Probeer gerus en verstaan dan hoekom ons Boerewors teen R82/kg, met sy sagte tekstuur en konsekwente smaak, voorkeur geniet op enige braai rooster.
Verder doen ons ook baie ander produkte soos bv. droëwors teen R212/kg en biltong teen R239/kg onder andere. Kontak gerus enige van ons winkels of besoek die naaste een.

Brackenfell
021 981 3324

Bellville
021 949 5403

De Bron
021 982 0713

Durbanville
021 975 3798

Somerset-Wes
021 854 4206